
| Beplan jy om te trou? Lewende Woord is geskik vir klein óf groot troues. Met ‘n ouditorium van 2 500 sitplekke en ‘n kapel wat 190 mense kan akkommodeer, maak grootte nie saak nie. Verder word spyseniering deur ons Kafeteria voorsien. Vir lokaalbesprekings, skakel Colette van der Walt by tel: (012) 845-8320. Vir spyseniering, skakel die kafeteria by tel: (012) 845-8345. Vir meer inligting oor Huweliksbediening, skakel Gustav Müller by tel: (012)998-5758. Dit is verpligtend vir paartjies wat deur Lewende Woord-leraars in die huwelik bevestig gaan word, om minstens 3 maande voor die troue by Lewende Woord vir voorhuwelikse berading en die identifisering/aanwysing van 'n beskikbare leraar te registreer. Vir verdere inligting, kontak gerus vir Colette van der Walt by tel: (012) 845-8320.
|
Inligting oor troues en Huweliksvoorbereidingskursus:Huweliksvoorbereidingskursus 2010:Alle paartjies wat deur Lewende Woord-leraars in die huwelik bevestig word, moet 3 maande voor die troue ‘n huweliksvoorbereidingskursus by Lewende Woord bywoon.
Vir navrae en besprekings, kontak Gustav Müller by tel:
(012) 998-57586 Maart en 11 September 2010
Plek: Lewende Woord
Tyd: 08:15 - 16:00
Onderwerpe wat in die kursus behandel word, sluit in:- God se doel met die huwelik
- Evaluering van temperamente en riglyne vir die hantering van verskillende temperamente
- Bepaling van kernbehoeftes en riglyne vir die hantering van verskillende behoeftes
- Bepaling van romantiese liefdesbehoeftes
- Bepaling van liefdestale
- Evaluering van kommunikasiestyle en riglyne vir konstruktiewe kommunikasie
- Riglyne vir die hantering van finansies
- Man en vrou se verskillende rolle en verantwoordelikhede vir suksesvolle spanwerk
- Geestelike groei en intimiteit
- Evaluasie van seksuele intimiteit (vir gebruik na die bruilof)
‘n DVD (selfdoen-huweliksvoorbereidingspakket) met handleidings is ook beskikbaar.
Kontak Gustav Müller by
(012)998-5758.
Prosedure om te trou:- ‘n Lewende Woord-leraar moet 2 - 3 maande voor die tyd bespreek word. Skakel Colette van der Walt by tel: (012) 845-8320.
- Bespreek huwelikseremonie en leraar by Colette.
- Kry vorms vir bespreking, prosedure & assesserings, voltooi en besorg terug aan Colette (met ander relevante dokumentasie). Colette sal sodra moontlik, die leraar met jou bevestig (of ‘n alternatiewe leraar voorstel) en dokumentasie deurgee.
- Woon die Huweliksvoorbereidingskursus (een-dag-kursus) by.
- ‘n Leraar sal jou kontak vir die eerste afspraak, met beradingsessies daaropvolgend.
- Die finale volgorde van aktiwiteite tydens die troudag sal by die laaste afspraak met die leraar bespreek word.
- Kontak Colette (op die laaste ‘n week voor die troudatum) vir betaling en/of om ‘n bewys van betaling deur te stuur.
Indien die troue op LW se perseel was, kontak Colette vir die verhaling van die deposito gedurende die maand na die troue.
NEEM ASSEBLIEF KENNIS:Alle besprekings vir troues by die ander stadsgemeentes, word deur hulself hanteer. Bogenoemde is slegs van toepassing op leraars van Lewende Woord Brummeria.