


Studente wat aanvaar is vir 2011!
Target Life is nie ’n ekstreme avontuurkursus nie en daarom sal elke gewone mens dit kan meemaak en geniet. Ons is immers genoodsaak om “couch potatoes” te waarsku om aktief te begin raak, aangesien ’n aangename ervaring baie swaar kan raak vir mense wat nie ‘n aktiewe leefstyl handhaaf nie. Meeste uitdagings in die kursus is emosioneel van aard en wanneer jy deur “issues” werk mag dit dalk nie so lekker voel nie, maar die uiteinde is altyd baie goed. Sonder selfdissipline sal mens niks in die lewe kan bereik wat die moeite werd is nie en daarom sal daar tye wees wat jy sal moet deurdruk en uithou. Klastye is nie onderhandelbaar nie en al is jy moeg sal jy daar moet wees en moet deelneem aan elke aanbieding, of jy daarvan hou of nie. Dis vir ons belangrik dat ons studente ’n ruggraad ontwikkel voordat hulle ’n universiteitsgraad gaan verwerf. Vir mense met ’n passie vir die lewe wat hou van redelike uitdagings is daar niks onaangenaams in ons kursus nie en hulle wil dikwels nie eers vakansies huis toe gaan nie. Baie van ons studente was spyt toe die Survivor (ons mees uitdagende kamp) klaarmaak, omdat hulle so baie daaruit kon kry vir hulleself. As jy bang is vir uitdagings, sal hierdie proses jou die selfvertroue gee om uitdagings te geniet.
Reëls -
Wanneer begin ons? -
Kick Start kamp: Wat om saam te neem
Wat jy moet saamneem:
’n ‘Great’ gesindheid
1 Stel baie ou klere
3 Stelle gemaklike klere vir 3 dae
Warm klere, Slaapklere
Swemklere en sonbrandgoed
Badkamersakkie
Slaapsak en kussing
’n Skryfding en jou Bybel.
Wat jy nie moet saamneem nie:
Laat jou selfoon en MP3 player by die huis vir hierdie kamp. Dit sal jou ma daaraan herinner dat jy nou groot is en jou eie ding gaan begin doen. Jy hoef nie eetgerei te bring nie!