Verblyf
Kalender/Jaarprogram
Downloads
Media
2012
Getuienisse
Kampdatums
Nuusbrief
Die 3 kampusse
Target Life sal in 2012 twee kampusse in Pretoria hê: Brummeria , Centurion. Die kampusse koördineer saam, maar funksioneer elkeen as ‘n eie familie. Sekere dae gaan ons almal saam na een kampus en op kampe oorvleuel ons programme, sodat al die studente in Target Life mekaar sal leer ken. Dit skep ‘n wisseling tussen intimiteit en grootgroep-dinamika en ons beleef dit as uiters positief. Die kwaliteit van die aanbiedings en aktiwiteite is dieselfde by al die kampusse. Die groter Brummeria kampus sal bietjie van ‘n ander dinamika hê as die kleiner Centurion kampus, maar die uitkomste is dieselfde. Brummeria sal ook opdeel in twee of meer families. Studente kan self kies by watter kampus hulle wil inskryf. Indien ’n bepaalde kampus vol is, sal jy genoodsaak wees om na een van die ander kampusse te gaan. Ons sal dagstudente akkomodeer by die kampus naaste aan hulle. Bid en vra die Here waar Hy jou wil hê en skryf vroegtydig in.
Ons sou verkies dat studente by die volgende kampusse inskryf
Montana – In 2012 sal daar nie meer ‘n Montana kampus wees nie. Skryf in by Brummeria
Centurion – Alle iskrywings van die Centurion-omgewing, Midrand, die Rand en die Vaaldriehoek.
Brummeria – Alle inskrywings van Pretoria-oos en -sentraal en ook die res van die land.
Ons vriende:
Pneukleus in die Kaap. Hulle is identies aan Target Life; ons werk saam en Survivor saam.
Future Flag Bearers bied vir ons ‘n week lange finansiele kursus aan.
Abel het ‘n B Ing (Meg) en ‘n H.O.D en is hoof van Target Life. My liefde vir die Here en jongmense dryf my om hierdie proses te streamline en uit te bou! Sien jou!
Ernie het 'n teologiegraad en is kampushoof van Centurion. "Moenie die familie belewenis van 'n leeftyd misloop nie!"
Chris het 'n honeurs in sielkunde en is die kampushoof van Montana. “I believe in people who believe in themselves…let’s go to war!!!”