Verblyf
Kalender/Jaarprogram
Downloads
Media
2012
Getuienisse
Kampdatums
Nuusbrief
Kostes
Die kostes vir die jaar 2012 beloop R 24,000. Die kostes sluit klasgelde, meeste van die kampe, ’n T-hemp, ’n baadjie, ’n buff, die leen van ’n rugsak vir die staptoer en 3 DVD’s vir die jaar in. Studente moet self spaar en geld vir die Journey (R2500) en Winklespruit (R2200) insamel. Target Life projekte sal studente help om die geld in te samel. Kos vir die staptoer (R500), padkos vir ekskursies en sakgeld vir die “Journey” (R700) en Winklespruit (R500) is nie hierby ingesluit nie.
Registrasiegelde van R4,000 moet na afloop van die keuringsonderhoud betaal word om ’n student se plek te verseker. Inname sluit 20 Januarie 2012 of sodra die kusus vol is. Hierdie registrasiegelde is nie met kansellasie verhaalbaar nie. Die registrasiegelde moet van ’n getekende kontrak en vrywaringsvorm vergesel word. Verdere betalings vir die jaar moet voor of op die 3de van die maande Februarie tot September 2012 teen R 2,500 per maand geskied.
Die maandelikse bedrag van R2,500 kan op een van die volgende maniere betaal word:
1. Elektronies met voldoende verwysings
2. D.m.v. ‘n eenmalige betaling
3. Maandeliks per tjek/kontant.
NB! Saam met die registrasiegelde moet ’n kontrak geteken word, waarin die persoon verantwoordelik vir die betaling, hom/haar verbind om die klasgelde end uit te betaal indien ’n student die kursus vroeër verlaat. Die kontrak is bindend en agterstallige betalings sal aan die skuldeisers oorgegee word na 30 dae. Dis is ongelukkig ’n maatreël wat ons moes inbring om ons kursus te beskerm.
Borge
Om die kwaliteit van hierdie kursus te verseker is volwasse leierskap onontbeerlik. Klasgelde is nie altyd voldoende om die kursus met die nodige voortreflikheid te bedryf nie en borge sal baie waardeer word. Indien u gelei voel om hierdie baie besondere saak te ondersteun is die geleentheid daar. U kan ‘n borgvorm of ‘n debietorder vorm bo aan hierdie bladsy download. Target Life is gereed om enige tyd meer inligting te verskaf of persoonlik met u in verbinding te tree. Kontak ons gerus by 012 845 8370 of targetlife@lewendewoord.co.za
Bankbesonderhede
ABSA
Rekeningnaam: Lewende Woord
Rekeningnommer: 4076806527
Takkode: 632005
Tjeks uitgemaak aan: Lewende Woord