Verblyf
Kalender/Jaarprogram
Downloads
Media
2012
Getuienisse
Kampdatums
Nuusbrief
Hoe skryf jy in?
‘Download’ die inskrywingsvorm (Word 2003) en die kontrak (PDF). Voltooi die inskrywingsvorm in ‘Word’ of druk dit. Lees deur die kontrak en handig dit later in saam met die registrasiegelde. Epos, faks of pos die inskrywing terug aan Target Life saam met die vereiste aanhangsels (‘Scan’ ander dokumente en foto vir epos). Indien die vorms gefaks word, moet die oorspronklikes ook gepos word, of saam gebring word na die onderhoud toe. Na ontvangs bel ons die student vir ’n onderhoud en ‘n aanvaardings-brief sal ge-epos word na keuring.
Die registrasiefooi is betaalbaar voor die einde van November (om jou plek te verseker) of so gou as moontlik ás die inskrywing na November inkom. Inskrywing sluit op 20 Januarie 2012 of sodra die maksimum aantal studente ingeskryf het. Alle inskrywings word daarna op ’n waglys geplaas. Inligting vir die Kickstart kamp en ander voor-bereidings sal jy onder 2012 vind.
Skakel gerus of stuur ‘n epos met enige navrae. Jy kan selfs ‘n dag kom klas bywoon en sien hoe dit is . Bevestig net eers telefonies watter dag sal geskik wees vir ‘n dagbesoek. Ons hoor graag van jou!
Keuring
Keuring is daar om seker te maak dat ’n student gaan inpas en die kursus uit sy/haar eie wil doen. Moenie ons probeer beïndruk nie! Na ontvangs van ’n inskrywing sal ons telefonies ’n afspraak vir ’n onderhoud maak. Ons reël onderhoude vir 'n bepaalde datum, een keer per kwartaal, maar is bereid om uitsonderings te maak. Indien ’n student te ver bly en nie kan inkom nie, sal ons ’n telefoniese onderhoud doen. Ons laat weet gou na die onderhoud of die student gekeur is en sodra die registrasiegelde betaal is, is die plek gereserveer.
Kommunes is binne loopafstand van die klas en is netjies, goed toegerus en veilig. Die kostes stem ooreen met dié van kommuneverblyf in die stad: R1600 – R2000 vir ’n enkelkamer en minder vir kamers wat gedeel word. Die student huur die kamer, maar koop sy/haar eie kos. Kommunes het bepaalde reëls, maar studente doen meestal hulle eie ding. Meer inligting sal tydens die onderhoud deurgegee word of die betrokke organiseerders kan geskakel word.
Kommune kontaknommers:
Brummeria: Hannie 082 574 2755 (Buite kommune)
Dot 082 777 3486 (Binne kommune)
Centurion: Bierman 073 524 1136
Maak eers seker!
Ons sal van studente verwag om ten alle tye Target Life se reëls na te kom en aan alle aktiwiteite deel te neem. Jy sal jouself aktief en stapfiks moet hou, want die Fanie Botha staptoer, hoëtoubane en Survivor is baie fisies en verpligtend. Studente moet met oorgawe aan die proses deelneem en hulself ten volle te geniet.
Maak die koste berekening voordat jy inskryf. As jy self kies om die verwag-tinge na te kom, word die woord ‘moet’ vervang met ‘wil’ en dan gaan jý die meeste uit Target Life kry en gaan dit ‘n fees wees!