Copyright © Target Life 2011 – Designed by Abel Loedolff
Target Life Program Koste Kampusse Inskrywing Rugby Jaar Kontak Verblyf Kalender/Jaarprogram Downloads Media 2012 Getuienisse Kampdatums Nuusbrief

Inligting verander nie mense nie,  prosesse doen!

 

Ons gebruik die Prothesis konsep wat deur Abel Loedolff ontwikkel is oor meer as 18 jaar vanuit sy ingenieurs agtergrond, onderwys ondervinding,  Christelike jeugbediening en die bedryfsielkunde. Die proses is al meer as 12 jaar in die praktyk en honderde jongmense en hulle ouers kan getuig hoe dit hulle lewens geweldig verryk het. Die unieke volgorde en integrasie van prosesse, saam met ervare fasilitering onder leiding van die Heilige Gees, lewer ‘n fantastiese dinamika wat groei stimmuleer. Dit gebeur alles in 'awesome' en ‘fun’-ervarings.

 

Verlede - Dis belangrik om die negatiewe bagasie van die verlede af te gooi voordat jy aangaan met jou lewe, anders is die res van jou lewe gekleur met die seerkry en negatiewe “triggers”.

 

Hede - Dis tyd om te leer hoe om geleenthede raak te sien of te skep, en elke oomblik van die lewe te benut. Studente  leer hulself baie beter ken en skryf ‘n missiestelling wat 'n platform sal skep vir beroepsleiding en leierskapsontwikkeling.

 

Toekoms - Jy sal nou keuses kan maak wat baie beter ingelig is en oor die vaardighede beskik om dinge te laat gebeur. Dis wonderlik om te kan lewe met vertroue en die wete waarheen jy oppad is.

 

Dissipelskap - In Mattheus 28:19 gee Jesus die opdrag om dissipels te maak en hulle ALLES te leer wat Hy sy dissipels geleer het. Die leiers deel alles wat die Here hulle geleer het en die studente kry die Christelike lewenspad en sy fases in ‘n neutedop, met wonderlike perspektief.

 

Familie/Spanbou - Die familiebouproses is daarop gemik om ‘n veilige omgewing te skep waarin potensiaal maksimaal ontdek kan word. Dit werk ‘n negatiewe groepsdruk teen en herstel God se bloudruk vir die lewe in diegene wat uit gebroke huise kom. Spanbou  inkorporeer bedryfsielkundige prosesse en stimuleer die ontwikkeling van selfhandhawing en emosionele intelligensie.

 

Lewensvaardighede - Belangrike 'life skills' word ontwikkel wat studente help om hulle potensiaal vry te stel. Ons poog om dit wat skole en ouerhuise nie kon opvang nie, te help aanvul.

 

Avontuurleer - Die kampe dien as uitsonderlike spanbou geleenthede. Dit bied ons ook die geleentheid om lewenskrisisse te simuleer in ‘n veilige omgewing. Dit herstel die balans tussen mens en natuur en bring genesing deur die vele diep gesprekke wat op die mooiste plekke denkbaar sal plaasvind. Dit verhoog ook die totale belewenis tot ‘n mees onvergeetlike jaar wat ‘n kosbare skat in elkeen se geheue sal bly.

 

Dissipelskap Spanbou Lewensvaardighede Avontuur